cropped super mama log.png

Welkom by
Super-Mama Empowerings!

Inspireer, bemagtig en vermaak — motiveringspreker, lewensafrigter, en ook as MC asook en sangeres bring ek energie, impak en betekenis na elke verhoog.

Motiveringspreker | Lewensafrigter | MC | Sangeres
Ek skep energie, bou selfvertroue en verander uitdagings in sukses.

michelle oor mich foto 1

Wie is...

Michelle Louw?

Michelle is `n energieke, vetpret, kyk die wêreld in die oë, Super-Mama in haar 50’s. Sy is die beter helfte van haar Super oulike man en ma van twee Super oulike volwasse kinders. Vermaak en inspirasie is beslis haar tweede naam en van!

Sy het 10 jaar se polisie-vrou-wees ervaring agter die rug, waar sy o.a. gewerk het by die reaksie eenhede soos die Onluste Eenheid, Blitspatrollie, en haar polisieloopbaan op n hoogtepunt afgesluit het as die persoon agter die wiel van haar 320 BMW by die Hoofwegpatrollie, Gauteng. Sy het verskeie kursusse deurloop op hierdie hoë risiko reaksie-eenhede, insluitend n hoëspoed bestuurskursus by Kyalami. Adrenalien maak dus verseker deel uit van haar lewe.

Sy is tans `n toegewyde en suksesvolle besigheidseienares en het beslis “go-getter” bloed in haar are. Avontuur daarby maak dit net nog meer pret. Om te groei maak deel uit van haar mens-wees, en om te stagneer frustreer haar!

Sy glo nie aan perfek wees nie, en sedert sy PERFEK verlaat het, het sy nog nooit opgehou lag nie!

Sy glo dat elke persoon gebore word met unieke talente en gawes, en ook dat GEEN persoon te oud is om ooit sy droom na te streef nie. Haar sterk passie vir vroue-bemagtiging is duidelik in alles wat sy doen.

As inspirerende motiveringsspreker,gekombineer met haar lewensveranderende persoonlike getuienis , bemagtig sy vroue van alle ouderdomme om met moed, selfvertroue en doelgerigtheid hul eie uitdagings aan te pak, hul volle potensiaal te ontdek en hul drome te verwesenlik.

Sy glo dat sukses nie net gaan oor wat jy bereik nie, maar ook oor hoe jy groei, die vreugde wat jy ervaar en die verskil wat jy dan in ander se lewens kan maak.

Oor Michelle

Haar passie om vrouens te inspireer en motiveer om weer hul drome na te jaag, ongeag hul omstandighede, is diep op haar hart gedruk nadat sy self n donker pad moes stap en daaruit opgestaan het. Sy was SELF daar en het SELF die pad gestap—n baie seer pad. Haar geestelike lewe het verdiep, en sy het intens ervaar hoe God `n plan het vir haar lewe, en ook vir elkeen van ons.

Sy is n vrou wat n skietvoorval oorleef het, wat vyf jaar lank n slagoffer was van fisiese sowel as verbale geweld. n Vrou wat sielkundig in stukke gebreek was en wat na afloop van die verhouding mond- en kaakchirurgie moes ondergaan. `n Vrou wat geen selfbeeld en selfvertroue oor gehad het nie. Vrouens verloor dikwels hulle identiteit as gevolg van pynlike en donker omstandighede, en alles kom tot stilstand… selfs jou grootste ideale en drome.

Michelle Louw het opgestaan en neem terug wat jare lank van haar gesteel is—haar vreugde en haar lus om te lewe. Sy kyk die wêreld en haar uitdagings vierkantig in die oë en wil nou met haar verhaal dogters en vroue van ALLE ouderdomme inspireer en motiveer. Sy moedig vrouens aan om hulle identiteit in God te vind en Sy plan vir hul lewe te ontdek. Dan sal hulle ook besef dat hulle Super-Mama’s is!

Michelle het die unieke vermoë om enige geleentheid met haar energie, humor en inspirerende teenwoordigheid op te tower en dit om te skep in ʼn onvergeetlike ervaring—jou beste tyd ooit. Haar teenwoordigheid bring lig, lag en positiewe vibes, en sy sorg dat elke oomblik spesiaal en vol lewe is.

michelle oor mich foto 3
Ek wou net vir jou se jou getuienis was awesome gewees gister dit het letterlik gevoel of jy met my praat. Jy het soveel ding wakker gemaak in my binneste en daai kannie dood vrou weer bietjie woema gegee. Ons vergeet soms dat ons nie hoef te bly le nie en op die ou einde dit wat ons vir ander beteken so amazing is. So vandag het ek weer my smile op en sit een voet voor die ander een stap vir stap. Mag jy en jou gesin voorwaarlik gebless word.
Anika Vosloo

Borge / Sponsors

Seascape 150x150
Scroll to Top